Rooi Tekkies.

Have a flair for poetry, stories, or even write songs? Need some advice or looking for a beta-reader? This is the place for you!

Moderator: Erdwolf_TVL

Post Reply
User avatar
Faanvolla
Plaas Brak
Posts: 1964
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:55 am
Gender: Male
Sexual preference: Gay
Species: Dog (Vampire)
Region: Western Cape
Location: Stellenbosch
Contact:

Rooi Tekkies.

#1

Post by Faanvolla »

So I see 31 people {at time of writing} have Afrikaans as a language, but I've not really seen that much Afrikaans here (English being a universal language and all).
This goes out to all the Afrikaans Furries. And its the only piece of writing I've ever got [kind of] right.
Those of you with any advice, please share.


Hy vee die sweet van sy voorkop af, die angs voel oorheersend binne hom.
“Nog net tot by my huis, dan kan ek my weer verloor in die bottel” het hy homself aangemoedig.
Hy sukkel om die winkel toe te sluit, die sleutel bly gly. Nou moet hy nog agtertoe loop oop in sy kar te gaan klim. Hy onthou hoe sy vriend hom gereeld aangeraai het om voor te parkeer.
“Maar waar gaan die kliente dan stop?” het hy hom gevra.
En hoe verwag hy moet hy die ‘produkte’ laai onder die skerp lig voor die winkel. Nee, hy moet agter stop: dis donker en niemand kom ooit daar nie.
Hy loop om die winkel. Hy het hierdie winkel self gebou. Die eerste van baie. Hy het self die plek ontwerp, sodat hy genoeg privaate stoorkamers het. Die vogende een gaan ‘n kelder ook kry. Hy sit sy sleutel in sy splinter nuwe SUV.
Iets voel nie reg nie…
Maar iets voel nooit reg nie. Nie in sy lewe nie. Sy lewe wat hy so sorgvuldig wegsteek vir sy familie en vriende.
Hy skuif agter die stuurwiel in. Die motor ruik nog nuut. Nie dat ‘n nuwe moter so ruik nie, hy weet dit is maar net reukwater. Iets om mense te flous. ‘n Rookskerm wat die maatskappye gebruik. Net soos hy winkels gebruik as iets om sy werklike besigheid mee weg te steek.
Hy sit die kar in ‘drive’. Hy lag vir homself. Hy is al amper vyftig en kan nogsteeds net outomatiese motors bestuur. Sy broer het probeer om hom te leer, maar hy het by sy standpunt gebly: “Die kar kan dit mos self doen, hoekom moet ek?” niemand kon hom ooit ‘n goeie antwoord gee nie en hy het nooit geleer om met ‘n clutch te werk nie.
Hy voel die koue loop van ‘n knaldemper teen die agterkant van sy kop vasdruk. Hy voel hoe ‘n rilling deur hom trek. Hulle het in sy kar vir hom gewag.
Hy trap die vet plat op die grond en voel hoe die kar vorentoe spring. Daar was ‘n sagte klap geluid, niks harder as ‘n hou op ‘n houttafel nie, toe voel hy die bloed langs sy gesig afloop.
Twee sekondes later voel hy die impak op die muur aan die oorkant van die straat. Hy voel hoe die lugkussing hom in die gesig tref. Oomblike later voel hy die pyn in sy bors.
Hy maak sy deur oop en val op die koue teer onder hom.
Die laaste ding wat hy sien is die twee rooi tekkies wat weg hardloop .
Seize the day, not your bearings.
Steam, Rockstar SocialClub, Uplay, Battlenet: Faanvolla#2539, Telegram: @Faanvolla
Switch Code: SW-0054-4917-1029
DeviantArt,Furaffinity,SoFurry, Weasyl, FurryNetwork
ProfilePic by hanimetion
User avatar
Splicer-Fox
Posts: 1956
Joined: Mon Aug 23, 2010 12:38 pm
Gender: Male
Sexual preference: Bi
Species: Fox fennec springbok thing
Region: Gauteng
Location: Thailand
Contact:

Re: Rooi Tekkies.

#2

Post by Splicer-Fox »

Ek ken soo baie famlie en friende wie so geweld moes beleef. (Hulle oorleef dit nogals)
Ek wonder waneer dit my beurt gaan wees...
Maar daar is teminste die wie sover dit vermy het.
User avatar
Adagio
Warm Hearted
Posts: 3609
Joined: Tue Feb 07, 2012 7:06 am
Gender: Male
Sexual preference: Other
Species: Snow Leopard
Region: Gauteng
Location: Pretoria

Re: Rooi Tekkies.

#3

Post by Adagio »

Haha... Afrikaans!
"Sy lewe wat hy so sorgvuldig wegsteek vir sy familie en vriende."
Ek neem aan hy is nie NET 'n winkel eienaar nie...
Gaan daar 'n opvolg wees??
User avatar
Faanvolla
Plaas Brak
Posts: 1964
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:55 am
Gender: Male
Sexual preference: Gay
Species: Dog (Vampire)
Region: Western Cape
Location: Stellenbosch
Contact:

Re: Rooi Tekkies.

#4

Post by Faanvolla »

I was bored one vacation and wanted to write a book :P
Die was die eerste hoofstuk en inleiding. Ek het die tweede hoofstuk al begin, maar nooit klaar gemaak nie. Sal kyk of ek kan :P
Seize the day, not your bearings.
Steam, Rockstar SocialClub, Uplay, Battlenet: Faanvolla#2539, Telegram: @Faanvolla
Switch Code: SW-0054-4917-1029
DeviantArt,Furaffinity,SoFurry, Weasyl, FurryNetwork
ProfilePic by hanimetion
User avatar
Adagio
Warm Hearted
Posts: 3609
Joined: Tue Feb 07, 2012 7:06 am
Gender: Male
Sexual preference: Other
Species: Snow Leopard
Region: Gauteng
Location: Pretoria

Re: Rooi Tekkies.

#5

Post by Adagio »

Ek't al probeer n boek skryf... Ekt by 10 000 woorde gekom, maar ek het dit te veel gebaseer op my omstandighede, toe het my omstandighede verander... Thanx vir die watch BTW... Op FA...
Post Reply